|
Die
skets word in die boek, Stammbaum der Familie Lotter in Schwaben gevind.,
geskryf deur Carl Lotter in 1879. Die broers Elias en Jonas Lötter van
Augsburg het in 1603 hul familiewapens so beskryf. Siebmacher
se beskrywing van die "eerbare" Lotters van Regensburg se
familiewapen is presies dieselfde en dus kan ons die gevolgtrekking maak dat
die Augsburglyn en Regensburglyn verwant is. |
Betekenis
van die Lötter familiewapen
‘n
Familiewapen het oor ‘n lang tydperk ontwikkel en deur ‘n proses van
verandering gegaan. Die wapen sou soos volg ontwikkel het:
|
Die
oorspronklike ridder of dit nou 'n Lötter was of nie se skild sou goud.
gewees het soos die agtergrond in die familiewapen. |
|
Die
silwer en rooi kwarte is deur die afstammelinge bygevoeg om die wapen te
onderskei van die patriarg |
|
Die riddershelm is nie oorspronklik deel van die
familiewapen nie maar is later bygevoeg vir estetiese waardes |
|
Sespuntige ster |
|
Man met Hongaarse slaapkous wat 'n sespuntige ster
in sy regterhand vashou en ‘n lelie in sy linkerhand |
|
Goud Vrygewigheid Silwer Vrede
en opregtheid Rooi Kryger, militęre krag, groothartigheid |